You have no items in your shopping cart.

Afrikaans

Please note that we do not keep stock on hand. All titles are ordered upon your request. This allows us to offer you unparalleled variety.

Contact us for true avaliability and ETA.

Filters
per page
Picture of 100 DAE VAN DANKBAARHEID
Mense wat dankbaar is gelukkiger, slaap beter, fokus is beter en is makliker om mee oor die weg te kom. Om meer dankbaar te leef is seker iets waarna ons almal probeer streef. Francine Prins, redakteur van LiG neem ons op ’n 100 dae reis van dankbaarheid. Sy wys ons hoe ons elke dag dankbaar kan wees, waarvoor ons dankbaar kan wees en hoe om in dankbaarheid te leef.
R 250.00
Picture of ALLE SONDAARS WELKOM
Alle sondaars welkom is ’n mengelmoes gedagtes oor God en sy mense wat oor die laaste paar jaar geskryf is. Jaco Strydom motiveer lesers om te leer by groot geeste in die verlede en die vreemde wesens wat ronddwaal in die hede; community met ander soekers te ontdek; in verwondering te staan voor die misterie en nuut te kyk na Jesus. Die boek sal jou uitdaag om saam te soek na die wilde waarheid, na geloof te midde van ongeloof, bygeloof, misterie en verwondering.
R 250.00
Picture of BETEREINDER
Betereinder is ’n menslike gids oor hoe om te floreer in Suid-Afrika. Schalk W van Heerden verbreed lesers se verwysingsraamwerk in die hoop dat hulle 'n aktiewe rol in die land sal speel. Hy ondersoek huidige rassegesindhede en gee wenke oor hoe die wit middelklas beter met hul medemens kan omgaan. Hy wys hoe armoede bekamp kan word. Schalk beantwoord moeilike vrae en deel stories met humor en empatie wat die leser se hart sal aangryp en ook sal laat glo dat hulle 'n verskil kan maak.
R 270.00
Picture of BLINDE MOL OF WYSE UIL?
“Met hierdie boek wil ek almal aanmoedig om minder blinde mol en meer wyse uil te word.” Daar is ’n groot behoefte aan mense met integriteit – mense met die volledige stel goue eienskappe wat hulle veelsydige, standvastige en betroubare wyse uile maak. Mense op wie jy kan peil trek. Susan Coetzer, bekende skrywer en motiveringsspreker help jou op haar skreeusnaakse maar eerlike manier om jou eie lewe te ondersoek en seker te maak dat jy met integriteit leef.
R 270.00
Picture of BRUISTABLETTE VIR DIE LEWE
Die geliefde Susan Coetzer nooi jou saam op 'n jaar lange geselsreis na groter lewensvreugde, egtheid en diepte in jou lewe as kind van die Here. Met 'n kort boodskap vir elke dag, gebaseer op 'n teksvers en aangevul met 'n gebed, bied Bruistablette vir die lewe inspirasie en hoop aan die moderne vrou. Dit is geskryf met humor, insig en deernis, soos net Susan Coetzer kan. Dit is 'n aansporing om elke dag voluit te leef as gelowige te midde van die oppe en awwe van ons alledaagse werklikheid.
R 315.00
Picture of CURA VITAE (POD)
CURA VITAE is 'n teologie van die lewe en van heling vanuit die perspektief van Christelike spiritualiteit. Dit poog om 'n paradigmaskuif in pastorale sorg te bewerkstellig deur sorggewers toe te rus met begrip rondom eksistensiële vraagstukke wat ontstaan a.g.v. siekte-toestande.
R 875.00